SoekNet is nie 'n finansi�le instelling nie en verskaf nie finansi�le advies nie. Spreek met 'n finansi�le adviseur vir al jou finansi�le kwessies.
|
Die Nasionale Kredietwet (National Credit Act) is wetgewing wat ingestel is om krediettransaksies in Suid-Afrika te reguleer. Die wetgewing is gemik om jou, die verbruiker, te beskerm deur die toekenning van lenings en krediet aan die publiek te reguleer.
Die wetgewing vereis ook dat alle verskaffers van lenings en krediet, geregistreer moet wees en dat leningskontrakte deursigtig en redelik moet wees. Die Nasionale Krediet Reguleerder (NCR) bevorder die wetgewing.
|
Watter kontrakte word gereguleer deur die NCA? |
- Persoonlike lenings
- Huislenings
- Kredietkaarte
- Voertuig finansiering
- Klere rekeninge
- Winkelkaarte
- Enige ander krediettransaksie
|
Huishoudelike skuld van Suid-Afrikaners het vierdubbel verhoog in die afgelope 10 jaar. Baie verbruikers is in 'n finansi�le verknorsing gedompel met aggresiewe en roekelose bemarkings veldtogte deur verskaffers van lenings en krediet. Die uiteinde daarvan is dat baie mense doodeenvoudig dit nie meer kan bekostig om die skuld terug te betaal en nog hul kop bo water te hou met die stygende lewenskoste nie. Baie verbruikers verloor dan bates en moet hulself laat sekwestreer of insolvent verklaar. Die Nasionale Kredietwet is geskep om hierdie uiters negatiewe finansi�le gevolge van skuld te voorkom.
|
Wie kan aansoek doen tot skuldberading? |
Indien jou totale maandelikse skuld paaiemente en lewenskoste jou inkomste oorskry, kan jy aansoek doen vir skuldberading.
|
'n Geregistreerde skuldberader word aangestel om tussen jou en jou krediture op te tree. Onthou dat die skuldberader jou verteenwoordig en jou wil help om jou skuld af te betaal sodat jy meer besteebare inkomste aan die einde van die dag vir jouself oor het. Dit is in al die partye se belang dat jy jou skuld so vinnig as moontlik kan terugbetaal terwyl jy nogsteeds genoeg geld aan die einde van die dag oor het om van te leef. 'n Skuldberader onderhandel gepaste terme rentekoerse met jou krediteure namens jou.
|
Wat is die effek van skuldberading op my finansiële status? |
Terwyl jy onder skuldberading is, kan jy nie kredietooreenkomste aangaan nie. Die proses is gemik om jou skuld af te betaal en jou uit die finansi�le verknorsing te kry. Sodra die proses afgehandel is, kan jy weer maak en doen soos jy wil. Indien jy egter nie van jou skuldlas ontslae raak nie, kan jou besittings gevat word, jy kan gesekwestreer of insolvent verklaar word, en dan kan jy in elk geval nie weer kredietooreenkomste aangaan nie.
|
Deur slegs die vorm hieronder te voltooi kan jy vandag 'n positiewe benadering tot jou skuldlas inneem en jou maandelikse besteebare inkomste verhoog. 'n Geregistreerde skuldberader sal jou kontak en die nodige inligting aanvra om jou te help.
|